Tuesday, February 10, 2009
Myne Sinne . . . Hierdie Ma is trots !!!
Monday, December 1, 2008
Wednesday, November 26, 2008
Kersfees, vir my . . .
"Kersfees het in die hart van God ontstaan. Dit word alleen vervul as dit die hart van die mens bereik" John RayDaar is vandag so baie kontroversie rondom Kersfees, ek word sommer naar . . . Die datum is verkeerd, die boom het 'n heidense oorsprong, die tradisie is "on-bybels" en so gaan dit aan en aan en aan . . . Hoekom doen ons dit aan ons self? Ek is nie iemand wat met my godsdiens op my mou loop nie, ek basuin dit nie oor die berge uit sodat almal dit kan hoor nie, elke mens is geregtig op sy eie manier van aanbidding. Maar dit vat aan my waar dit seer maak as mense in my Christen fondamente begin krap.
Ek, SAL aanhou, om met 'n kinderhart te glo, dat ek die geboorte van JESUS met kersfees herdenk !
Kersfees gaan tog nie oor 'n DATUM nie. Kersfees vir my, is 'n CHRISTUS FEES.
'n Anker, 'n uitbeelding van GELOOF (Mathew 17:20), 'n fees van LIEFDE (1 Kor 13:13 / 1 Peter 4:8), 'n storie van HOOP (Hebrews 11:1) . . . "For God LOVED the world so much that he gave his only son, so that everyone who believes in him may have eternal life" - John 3:16
Ek het altyd as kind gewonder wat kersvader en 'n kersboom nou eintlik met die storie van Jesus se geboorte te doen gehad het, maar dit was die tradisie, en ek het dit so aanvaar sonder om regtig teveel vrae te vra. Toe dit tyd word om my eie kinder van kersfees te vertel het ek besluit dit moet op 'n manier sin maak . . .
ONS boom is 'n simbool van ons geloof, elke item wat aan die boom hang (versier) is 'n simbool van iets groter (en Kersvader is nêrens in die prentjie nie - Niel was gelukkig altyd bang vir hom). Die opmaak van ONS boom het 'n wonderlike ritueel geword vroeg in Desember elke jaar. Ons sing kersliedere, lees stukkies uit die Bybel en skryf kersboodskappies vir almal wat ons aan kan dink . . . Kom ek verduidelik ONS boom:
1. DIE BOOM:
Verkieslik 'n regte egte boom, plant of struik. (wat ek later in die tuin plant)
'n Lewendige "Boom" groei
Soos die boom groei, moet ons groei in geloof
2. STER:
Bo-op die boom is Betlehem ster (Mathew 2:1-12)
"Daar het 'n ster in die ooste verskyn wat Jesus se geboorte aangekondig het"
3. ENGELE:
Die engel het die boodskap gebring (Luke 1:26-35)
"The Angel (Gabriel) came to her and said: Peace be with you, The lord is with you and has greatly blessed you"
4. GESKENKIES:
Die wêreld se grootste geskenk: JESUS (John 3:16)
James 1: 16 , Ephesians 2:8-9
5. APPELS:
'n Gesonde, lewendige boom dra vrugte
Ons moet die vrugte van die GEES dra (elke appel het 'n naam) -Liefde, Vreugde, Vrede, Geduld, Vriendelikheid, Geodhartigheid, Getrouheid, Nederigheid en selfbehersing
6. KLOKKIES:
Hier onthou ek 'n sondagskool liedjie:
"Ring the bells, Ring the bells, let the whole world know, Christ our saviour lives today as het did so long ago . . . God the father gave his son, only one begotten one . . . "
7. LIGGIES:
"I am the light of the world, whoever follows me will have the light of life and will never walk in darkness" - John 8:12 "I am the way, the truth and the life, no one goes to the Father except by Me" - John 14:6
Die kersgeskenke onder die boom is klein of self gemaak as blykies van LIEFDE en WAARDERING vir ander. 1 Corinthians 13:13, 1 John 4: 7-19, Ephesians 1:6, Ephesians 5:2, Ephesians 4:2.
As Jesus nie gebore is nie, kon hy tog nie vir ons sondes aan die kruis gesterf het nie (Die fondament van Christen wees) As ek 'n boom in my huis versier soos ons dit doen, wie het die reg om te sê dit is "Heidens"?
Monday, November 24, 2008
Kersfeeskospakkies vir behoeftiges . . .

Friday, November 21, 2008
Tagged by cousin Lizzy . . .
Né
What TV game show or reality show would you like to be on:
That (non-existing) one where I look fabulous, know all the answers and definitely win $1 000 000.00 (I liked Lizzy's answer so much I kept it)
What was the first movie you bought in VHS or DVD:
The Rescuers (Animation)
What is your favourite scent:
To wear: Royal Secret by Germain Monteil
Others: Vanilla, Fresh Bread, Coffee, Cinnamon, Rain, the sea, my Dad's aftershave
If you had one million dollars to spend only on yourself, what would you spend it on?
A plot of land overlooking the sea, where my whole family can squat
What is one place you've visited, can't forget and want to go back to:
Always the Lowveld
Do you trust easily?
Nope
Do you generally think before your act, or act before you think?
Mostly I think before I ACT, but when I speak, I often say what I think and I don't think what I say . . .
Is there anything that had made you unhappy these days?
To see people close to me that is unhappy, but I can't change anything about it . . .
What is your favourite fruit?
I LOVE apples, any kind any colour
What websites do you visit daily?
Daily, can't think of once that I visit daily
What have you been seriously addicted to lately?
Dark Chocolate, since forever
What's the last song that got stuck in you head?
"So what" - Pink
What is your favourite thing to wear?
My blue jeans
Do you think Rice Krispies are yummy?
NO!
What would you do if you saw $100 lying on the ground?
If I don't see anybody around who might have lost it, I would probably pick it up and spend it. Can't really say . . .
What items couldn't you be without during the day?
Coffee
What should you be doing right now?
File a million papers
Vir Rudi, Riëtte en kinders . . .
Rudi se ma is toe Woensdag nag oorlede. Ek weet julle het dit verwag. Ek weet dit is beter dat sy nie verder ly nie, maar ek weet dit maak dit nie noodwendig vir julle makliker nie . . . Ek het nie woorde nie . . . Maar lees asseblief verder . . .
Ek het jare terug, toe Johan dood is een aand deur een van sy boeke gesit en blaai. 'n Boek van Solly Ozrovech "Van dag tot dag deur God gedra" Die stukkie wat ek daar gelees het, het vir my ongelooflik baie beteken, tot en nou nog steeds, ek wil dit graag met julle deel . . .
"Liefde oorwin die dood"
1 Korintiërs 15:54-55 Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood waar is jou angel?
"Daar kom tye van droefheid in almal se lewens - soms stilweg, soms met dramatiese onverwagsheid. Hoe dit ook al sy, droefheid bly 'n pynlike ervaring.
Dist is waar dat die dood na '' lang en pynlike siekbed verwelkom kan word en ons droefheid getemper word deur dankbaarheid. Tog bly die herinneringe aan die verlede of van wat kon gewees het, voortleef in ons harte en gedagtes.
Hulle wat akute droefheid beleef, kan moontlik twyfel as gesê word dat tye alle wonde heel. Daar sal altyd kosbare herinneringe wees en die verlange na hulle sal soos 'n knaende pyn in die hart bly voortleef. Het iemand dan nie gesê dat ons dierbares nooit sterf voordat die herinneringe aan hulle in ons harte gesterf het nie?
Maar tyd sal die pyn se angel verwyder vir hulle wat agterbly. Een van die basiese waarhede van die Christelike geloof is dat Christus oor die dood getriomfeer het. As hierdie waarheid in jou lewe 'n werklikheid word, sal die tyd sy genesende werk enduit voortsit.
In tye van herinnering word daar dikwels oomblikke van selfverwyt beleef: jy het dinge gesê wat liewer ongesê moes gebly het: Liefde wat op soveel verskillende maniere betoon moes word, is nagelaat; dinge wat gedoen kon gewees het, is nie gedoen nie. Dit voel asof daar vanweë selfverwyt littekens op die hart groei wat nie uitgewis kan word nie.
Dit is goed om te onthou dat liefde littekens voorkom. As jy jou gestorwe dierbare liefgehad het, vertel vir God van jou harsteer en van dit wat jou beswaar. Moet niks terughou nie, ledig jou hart by Hom. God weet reeds alles. Jy sal genesing van gees en denke ervaar. So word die dood vernietig en die oorwinning behaal"
Julle is in ons gebedjies. Ons is almal baie lief vir julle!
Laat weet as daar iets is waarmee ons kan probeer help?
Thursday, November 20, 2008
Ouma Phyllis 20-11-1911
Ek ken hierdie foto van Ouma Phyllis solank ek kan onthou. Dit was onder die glasblad van haar spieëltafel saam met 'n klomp ander foto's van die familie.Geneem "Many moon ago", maar so lyk die prentjie in my kop as ek aan Ouma dink. So sal ek haar altyd onthou . . .
Ouma is vandag 97. Die vrouens in Dad se familie word baie oud. So het Ouma Desia, Ouma Phyllis se ma, ook diep in die 90 geword. Sy wonder lankal hoekom sy solank gespaar bly en bid elke dag dat die Here haar liewer moet kom haal. Hoe moet dit voel om nog 'n keer te verjaar as jy eintlik lankal nie meer wil nie? Ek het haar laas getroos met die woorde "We need you Gran, to pray for us, like you always do"
Ouma is nie elke dag meer haarself, soos ons haar ken nie. Ek dink sy "verkies" om terug te gaan na 'n tyd toe dit vir haar nog lekker was om te lewe . . .
Gran I am not going to wish you a Happy Birthday. Instead, my wish and prayer for you is that our heavenly Father need you more than we do . . . Not because we don't love you, but because it is the only thing you really want . . . God bless you !